Terwyl die res van die land vakansie hou, werk die SAPD onverpoos om te verseker dat reg en geregtigheid geskied. Verskeie padblokkades is die afgelope tyd in en om Heidelberg gehou en verskeie verdagtes is aangekeer.
Persone wat in besit was van dwelms, vuurwapens sonder lisensies, onpadwaardige voertuie en dronkbestuur was van die oortredings wat aangemeld is.