Local newsNews

Jeff doen beter, maar beleef ook vele terugslae

24-Jarige slagoffer van tref-en-trap ongeluk veg voort.

Hoewel Jeff Ek (die 24-jarige jong man van Heidelberg wat ernstig in ‘n tref-en-trap ongeluk beseer is https://www.citizen.co.za/heidelberg-nigel-heraut/20280/24-jarige-heidelberger-steeds-kritiek-na-tref-en-trap-ongeluk/) sy oë verlede week oopgemaak het, is hy en sy familie daagliks in ‘n stryd om oorlewing gewikkel.

Jeff het reeds verskeie terugslae beleef en ‘n lang pad van herstel lê nog voor. Die feit dat hy egter ná drie weke sy oë oopgemaak en met sy gesin gekommunikeer het, is opsigself ‘n groot wonderwerk.

Intussen word daar nog steeds na die Toyota Fortuner met drie insittendes en ‘n drarak met fietse agterop wat van die toneel weggejaag het gesoek. Enigiemand met inligting kan A/O Wolmarans of Sersant Zondo vertroulik by 082 822 8367 skakel.

Gisteraand het sy ma Marinda laat weet dat dit baie beter met Jeff gaan. Dokters gaan sy neusbuis verwyder sodat hulle kan sien hoe sy maag helder vloeistowwe hanteer.

Sy skryf: “Ons is so opgewonde alhoewel ons besef hoe gou dinge kan verander. Ons kan nie genoeg dankie sê aan ons Almagtige Vader nie. Elke keer as daar so ‘n pragtige oplewing kom, is dit vir ons ‘n wonderwerk. Dankie Grote God van wonders.”

Die gesin het egter finansiële bystand nodig vir dié deel wat nie deur die mediese fonds gedra word nie asook vir rehabilitasie. ‘n Fonds is vir Jeff gestig. Bydraes kan in die volgende Nedbank rekening van Jeff se suster Chantelle Ek inbetaal word:

 

jeff ek bank

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button