Local newsNews

Gesin ontsnap voor voertuig ontplof

Verkeer kom tot stilstand terwyl vuur geblus word.

‘n Man, sy vrou en twee kinders het omstreeks 11:30 Sondag oggend ‘n noue ontkoming op die R23 gehad toe hul voetuig net voor die Benoni afrit ontplof het.

Die gesin was oppad Delmas toe, toe motoriste hulle daarvan bewus gemaak het dat daar rook uit die motor se enjin kom.

Die man het onmiddellik die voertuig gestop, sy gesin na veiligheid geneem, hul bagasie uitgehaal en net toe hul lewegstap, het die Mercedes Benz wat aan die man se skoonpa behoort, ontplof.

Niemand is beseer nie en Lesedi Nooddienste het spoedig die vuur geblus.

Vir meer oor die en ander gebeure, maak seker dat u Woensdag se HERAUT lees.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button