Local newsNews

Laagwaterbrug eis nog ‘n slagoffer

Nog 'n voertuig het in die oorstroomde laagwaterbrug vasgesit.

Dit lyk of bestuurders maar net nie wil leer om nie deur die laagwaterbrug te ry as dit oorstroom is nie. Vanoggend het ‘n ligte vragmotor met ‘n vol vrag vir ure in die spruit vasgesit.

Die voertuig in die middel van die brug het skynbaar nie ander motoriste afgesit nie en hulle het eenvoudig langs hom verbygery. Nie eers stompe in die water het hulle afgesit nie.

Inwoners van die omgewing sê die toegangsbeheerlint wat in die straat gespan is om voertuie te keer om daar te ry, het nie lank gehou nie. “Mense breek eenvoudig die lint af en ry deur die spruit,” het die inwoner vertel.

Adjudant Offisier Wollie Wolmarans (Sektor 2: bevelvoerder) sê ‘n meer permanente manier sal aangewend moet word om die pad ontoeganglik in tye van stormwater te maak.

Related Articles

Back to top button