CrimeNews

Georganiseerde misdadigers breek eenvoudig jou voordeur oop

Sekuriteitshek, deur en selfs alarm keer nie dié inbrekers.

Diewe wat in ‘n georganiseerde misdaad sindikaat werk, laat hulle nie stuit deur ‘n houtdeur, sekuriteitshek en selfs alarm nie.

 

Dié diewe slaan gewoonlik bedags toe, terwyl daar niemand tuis is nie. Hulle weet presies hoe lank dit vir ‘n sekuriteitsmaatskappy neem om op ‘n noodsein te reageer en gaan reguit na die hooslaapkamer waar meeste kluise gehou word. Die kluis word uit die muur geruk en saamgeneem.

Dié boosdoeners het op 24 November op hierdie wyse by ‘n huis in Du Preezstraat ingebreek en elektroniese toerusting en juwele gesteel.

Heidelberg polisie waarsku inwoners om op die uitkyk te wees vir verdagte voertuie in hulle omgewing en dit by hul sektorvoertuie aan te meld.

Related Articles

Back to top button