CrimeNews

Weermag huis in brand verwoes

Leë weermaghuise 'n kopseer vir polisie en GPF.

‘n Leë weermaghuis op die hoek van Van der Westhuizen- en Berlynstraat is vanoggend omstreeks 11:30 in ‘n brand verwoes. Hoewel die oorsaak van die brand (wat binne die huis ontstaan het) nog nie bepaal is nie, sê omstanders dat die huis ‘n groot kopseer vir die polisie veroorsaak as gevolg van leeglêers wat die huis as slaapplek gebruik.

 

Dié straatbewoners is skynbaar voorheen in dieselfde huis gevang waar hulle besig was om ‘n vuur te maak. “Dié mense is die nyaope gebruikers wat ook met misdaad in Heidelberg Sentraal verbind word,” het ‘n bron gesê.

Hoewel die dop van die huis nog staan, is die binneruim verwoes.

Hester Voges, wat oorkant die weermaghuis woon, sê Lesedi Brand- en Reddingsdienste was blitsig op die toneel en sy het die grootste lof vir dié manne wat in uiterste omstandighede die brand vinnig onder beheer gebring het.

 

Related Articles

Back to top button