Local newsMunicipalNewsBreaking News

Lesedi inwoners gemaan om water te spaar

Droogte neem kritieke afmetings aan: Vaaldam net 29% vol!

Verbruikers in die Lesedi plaaslike munisipale area word gemaan om uiters spaarsamig met water om te gaan en nie hulle tuine met ‘n tuinslang nat te lei of swembaddens te vul nie.

Volgens DA raadslid Gerry Holtzhausen het Lesedi inwoners tussen 19 en 26 September die hoogste waterverbruik van al die Gauteng munisipaliteite getoon.

 

“Mense moet besef dat al die geld in die wêreld nie water kan koop as daar nie water is nie,” het hy gesê.

 

Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit het reeds streng boetes vir die vermorsing van water ingestel.

 

Die vul van swembaddens en natlei van tuine met sproeiers of tuinslange word verbied. Plante kan slegs met afvalwater natgegooi word. Stort liewer, in plaas daarvan om te bad en gebruik ‘n emmer in die stort om oortollige water op te vang.

 

Die afspuit van voertuie en opritte is ook verbode.

 

Die droogte het reeds uiterste afmetings aangeneem en die Vaaldam staan tans op 29% waarvan 10% reeds net slik en modder is. Die Bloemhofdam is leeg en inwoners van Vryburg stort die afgelope twee weke met 2lt Coke bottels. Water word na meer as 17 dorpe in die Vrystaat aangery.

Lesedi Plaaslike Munisipaliteit doen ‘n beroep op inwoners om lekkende pype en/of krane by 016 492 0223/6 of die verbruikerssentrum van die munisipaliteit by 016 330 0400 te skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button