Local newsLocal sportNewsSport

Nigel Gholfklub kry welkome hupstoot

NIGEL - Midas Nigel (Nigel Motor Spares) het op 9 September ‘n gholfdag ten bate van Nigel Gholfklub aangebied, om dié sportklub wat onder ekonomiese druk en veral diefstal ly, ‘n finansiële hupstoot te gee.

 

Sterk wind het tot gure omstandighede op die speelveld gelei, maar dit het ondersteuners nie gestuit om ‘n bydrae tot die fondsinsameling te maak nie.

Altesaam 64 gholfers het die kompetisie wat in vierbal alliansie formaat aangebied is, aangepak en die dag se spel is deur aanloklike pryse soos gereedskapstelle, tweeplaat-gasbranders, karprodukte, geskenkpakke met ‘n verskeidenheid van wyn en vrugte, koelsakke en vele meer aangevuur.

Alvic Engineering se span met Victor Gomes, Jason Health, Graham Cilardes en Brian Dickson het die kompetisie gewen, terwyl Kenny Shelton die langste dryfhou geslaan het. Pryse vir naaste aan die pen het aan Neville Scrooby (13de en negende putjie) en Jason Health (17de putjie) gegaan. Casper Combrink het ook ‘n prys vir naaste aan die Midas Wingdancer pen ontvang.

Met nagenoeg R20 000 se geborgde pryse, is elke speler vir sy ondersteuning beloon en eienaar van Midas Nigel, Louis Wessels, het spelers en borge vir hul ondersteuning bedank.

Ongeveer R30 000 is tydens die gholfdag ingesamel.

IMG_1589 (Custom)
Neville Scrooby (middel) het tydens Midas Nigel se gholfdag ‘n prys vir naaste aan die pen (negende en 13de putjie) ontvang. Links is Louis Wessels van Midas Nigel.

Jason Health het op die 17de putjie naaste aan die pen gespeel en ook ‘n prys ontvang.
Jason Health het op die 17de putjie naaste aan die pen gespeel en ook ‘n prys ontvang.
Casper Combrink was die wenner van die closest to the Midas Nigel wingdancer pen.
Casper Combrink was die wenner van die closest to the Midas Nigel wingdancer pen.

 

Kenny Shelton het tydens Midas Nigel se gholfdag die langste dryfhou gespeel.
Kenny Shelton het tydens Midas Nigel se gholfdag die langste dryfhou gespeel.

 

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button