NewsSchoolsBreaking News

Volkies se sewesspan onder SA Top 10

HEIDELBERG - Hoër Volkskool se rugby sewesspan spog met sewendeplek op die die huidige punteleer van die land se top 10 skolerugby sewespanne.

Om hierdie besondere prestasie te behaal moes Volkies blink vertonings in die afgelope twee toernooie lewer. Tydens die Potchefstroom-toernooi het Volkies algeheel derdeplek uit 20 skole behaal. Hulle het die knie in die eerste kragmeting teenoor Hoër Volkskool Potchefstroom met ‘n telling van 19-20 gebuig, maar wen die daaropvolgende wedstryd teen Potchefstroom Gimnasium in die kwartfinaal met ‘n telling van 38-7. Daarna het hulle drie agtereenvolgende wedstryde gewen en die laaste wedstryd weer teen Hoërskool Volkskool Potchefstroom te staan gekom en met ‘n telling van 5-7 verloor.
Tydens die tweede toernooi te Vryheid, het Volkies drie uit vier wedstryde gewen en weer derdeplek uit 20 skole behaal. In die eerste kragmeting het hulle Kearnsey College met ‘n telling van 22-17 geklop, daarna vir Vryheid Landbou Hoër met ‘n telling van 27-17 en Kempton Park Hoërskool met ‘n telling van 25-20 gewen. Volkies het egter die beker semifinaal verloor toe Hoërskool Pionier hulle met ‘n telling van 7-0 geklop het.

Volkies se sewesspan word deur Mnre Hans Steyn en Daan Heunis afgerig en deur Quality Meat Heidelberg geborg. “Om algeheel sewende op die punteleer van die land se top skole te lê, is ‘n merkwaardige prestasie. Ons is waarlik trots op elke speler,” het Mnr Steyn gesê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button