Rommelstrooi en roofstort blyk vir menige inwoners ‘n aanvaarbare tydverdryf te wees. Enige iets van huishoudelike gemors, bourommel, tuinafval en selfs dooie troeteldiere word openlik op die ou Heidelbergweg agter The Angelo Mall en vir kilometers langs die Blesbokspruit in die veld gestort.
Bykans enige plek waar van die grondpad afgetrek kan word, word vir onwettige storting aangewend. Dit is duidelik dat die gratis stortingsterrein vlak by die dorp geïgnoreer word.
Hy meen ook dat die onwettige stortingsprobleem by wyse van gereelde patrollies deur Nigel Metropolisie aangespreek moet word.
“Die Grondwet bepaal dat elkeen ? reg op ‘n veilige en skoon omgewing het, maar hierdie reg word deur onwettige storting bedreig. Omgewingsbesoedeling en die bedreiging van mense se gesondheid is ‘n ernstige misdryf wat deur die toepaslike owerheid aangespreek moet word,” het Marius sy mening gelug.
Hy het bygevoeg dat lede van Nigel GPF die area nou gereeld patrolleer en dat oortreders wat betrap word, aan die kaak gestel sal word.