Staatshuis in spogbuurt word broeiplek vir onheil

NIGEL - Met toenemende kommer sien inwoners van ‘n spogwoonbuurt hoe ‘n huis wat aan die staat behoort, daagliks geplunder word.

 

LEES VOLLEDIGE BERIG IN DIE VOLGENDE UITGAWE VAN HERAUT

Sheffieldweg in Ferryvale is bekend vir huisbrake en roof en die afgelope 18 maande is dit veral die huis wat by nommer 33 geleë is, wat inwoners noop om te kla.

HERAUT het op 26 Augustus ondersoek ingestel en ‘n skokkende ontdekking gemaak. Behalwe vir die voordeur wat nie gesluit is nie, is talle vensters gebreek en die huis van binne geplunder.

Alle koper en elektriese kabels is gesteel en gate in die dak en plafon getuig van die warmwaterstelsel wat ook gesteel is.
Johan Jansen het gesê sy gesin voel onveilig waar hulle langsaan woon. Hy het ook opgemerk dat haweloses die huis snags vir skuiling en slaapplek gebruik.

Ongeveer drie maande gelede het Johan en sy vrou een aand ‘n harde knal gehoor en ondersoek ingestel. “Toe ons buite kom, was die palmboom aan die voorkant van die staatshuis in vlamme gehul. Die knal is deur ‘n venster wat weens die hitte gebars het, veroorsaak. Iemand moes die brand veroorsaak het. Ons het Nigel GPF dadelik ontbied, maar daar was geen teken van oortreders in die erf nie,” het hy gesê.

‘n Geplunderde en erg verwaarloosde staatshuis in Sheffieldweg, is rede tot kommer onder inwoners van dié spogbuurt. Volgens inligting behoort die huis aan die Departement van Openbare Werke.

By HERAUT se navraag het polisiewoordvoerder Kaptein Madeleine von Wielligh verduidelik dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens die huis slegs by die Departement van Openbare Werke (DOW) vir ledeverblyf gehuur het en dat dit nie aan SAPD behoort nie.

Die huis is van binne geplunder en alle koper en elektriese kabels, asook die warmwatertoestel is gesteel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version