CrimeLocal newsNews

Nigel GPF op nuwe radio frekwensie na opgradering

NIGEL - Nigel GPF het sy radiostelsel om tegniese redes op 27 Augustus opgradeer.

 

Terwyl honderde lederadio’s wat reeds in gebruik is deur bestuurslede op ‘n nuwe frekwensie ingestel is, het die forum ook van die geleentheid gebruik gemaak om talle nuwe lede te werf.

“Die koste van R50 per maand word vir instandhouding van die netwerk aangewend, maar elke sent word in die gemeenskap teruggeploeg,” het hoof van Nigel GPF patrolleerders Alwyn van den Heever verduidelik.

Alwyn was instrumenteel in die stigting van Nigel GPF en het die radiostelsel vir die afgelope vier jaar kosteloos aan lede gebied. Weens lisensiegeld, die hoë kwaliteit van die nuwe stelsel en toekomstige opgradering, is daar deurgaans kostes wat gedek moet word.

Voorsitter van Nigel GPF Natasha Steenkamp het lede vir hul samewerking bedank en belangstellendes genooi om by die forum aan te sluit in ‘n poging om misdaad te bekamp.

“Saam kan ons ‘n verskil maak. Wanneer daar na die daling in die misdaadsyfer gekyk word, het ons reeds ‘n groot verskil gemaak,” het sy gesê.

OM BY NIGEL GPF AAN TE SLUIT, SKAKEL 082 424 6440

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button