Boere verloor amper huis en haard in verwoestende veldbrand

Fritze en De Gouveias se plase loop ergste deur.

Hannes en Thelmarie Fritz van die plaas Eendracht se huis het amper afgebrand in ‘n groot veldbrand wat gister om 13:30 deur ‘n sterk wind vanaf die N3 aangewaai is. Nog ‘n huis op hul plaas wat hulle uitverhuur, het ernstige skade opgedoen nadat die dak vlamgevat het en moes ook ontruim word.

Boere van die omgewing, Heidelberg GPF-lede, lede van Heidelberg Volunteer Medics en die brandweer het ingespring om huise en voerbale van die vlammehel te red.

 

Kallie de Gouveia het honderde hektaar weilande in die brand verloor, maar sy voerbale kon deur helpende hande gered word.

Die Fritze se watertenk, wat verskeie huise van water voorsien, het ook in die slag gebly.

 

Die brand op die plase was eers teen 17:00 geblus, maar die veld langs die N3 het vandag nog steeds gebrand.

 

Die Fritze en De Gouveias het hul dank teenoor al die lede van Heidelberg Volunteer Medics, boere, werkers en GPF-lede wat hulle te hulp gesnel het, uitgespreek.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version