NewsSchools

Volkies se o/14 bulle het ‘n goeie seisoen beleef

Blink toekoms wink vir dié span.

Hoër Volkskool se o/14 rugbyspan het die afgelope seisoen uitstekend gevaar.

Die o/14s handhaaf ‘n 85% wensyfer nadat hulle 17 uit 20 wedstryde gewen het. Hulle is as die wenners van die NWU Superligareeks gekroon en was ook die algehele wenners (uit 16 skole) van ‘n rugbytoer wat in April in Grootvlei aangebied is.

Volkies het die kwartfinaal van die Virseker Beeldtrofee gehaal nadat hulle op 30 Julie op hul tuisveld met Hoërskool Pietersburg met ‘n telling van 22-14 afgereken het.

 

2

Hulle het in die kwarteindronde op 13 Augustus teen Hoërskool Rob Ferreira van Witrivier te staan gekom. Die teenstanders was egter te sterk en Volkies het die wedstryd met 41-7 verloor.

3

“Ons is geweldig trots op hierdie span wat hulle vanjaar baie goed van hul taak gekwyt het. Die span het nou reeds in Graad 8 ‘n sterk fondasie vir die res van hul hoërskoolloopbaan gelê en ons sien uit daarna om hulle dop te hou,” het Mnr Hennie Pieterse (hoof en afrigter) gesê.

 

Related Articles

Back to top button