Local newsNews

Geliefde Daan Jordaan oorlede

Bekende stem op Hotel Alfa2 word stil

Daan Jordaan (66), geliefde lid van Heidelberg GPF se stem het stil geword met sy afsterwe gisteraand in Heidelberg Hospitaal. Daan en sy vrou Thea was saam met Marié en Antoon Strydom bekend vir die bemanning van die GPF se beheerkamer (beter bekend as Hotel Alfa2).

 

Daan was ‘n oud-polisieman asook senior provinsiale verkeersbeampte en het op 8 Februarie 2012 by die beheerkamer aangesluit. DiĂ© diens is vrywillig deur die twee egpare verrig.

Hy is in Heidelberg gebore en getoĂ«. Daan, ‘n diabeet, se gesondheid het agteruitgegaan nadat sy been weens die siekte verlede Desember geamputeer is. Op Kersdag het hy ‘n beroerte gehad. Volgens Thea het hy nog nege ligte beroertes vanjaar gehad. Hy het die afgelope naweek griep opgedoen en Maandag weer ‘n ligte beroerte gehad.

Hy is gister in Heidelberg Hospitaal met ‘n hoĂ« suikertelling opgeneem.

Hy laat sy vrou Thea, vier dogters, skoonseuns en een kleinkind agter.

 

1

 

Daan word Woensdag 17 Augustus om 10:00 vanuit die NG Klipkerk begrawe. Hy sal in Heidelberg Begraafplaas langs sy geliefde kleinkinders Robert (3) en DanĂ© (2) Cecil wat in 2011 tragies in ‘n motorongeluk gesterf het, ter ruste gelĂȘ word.

 

Related Articles

Back to top button