Volkies o/14s rugbybulle maak Heidelberg trots!

Deur na Virseker Beeldtrofee se kwarteindronde.

 

Volkies se o/14 A-span is deur na die Virseker Beeldtrofee se kwarteindronde nadat hulle op 30 Julie oortuigend met Hoërskool Pietersburg op Volkies se tuisveld afgereken het.

Volkies het uit die staanspoor die wedstryd oorheers met Richard Muller wat binne die eerste nege minute oor die doellyn geduik het.

Volkieland was op hete kole toe Hoërskool Pietersburg hierna die bal afgeneem en oopgelê het pale toe. Hulle het ook die drie verdoel waarna hulle met 7-5 voorgeloop het.

 

Hoër Volkskool het hierna met mening ingeklim en Francois Theron het oor die doellyn geseil om Volkies net voor halftyd met 10-7 te laat voorloop.

In die tweede helfde was dit egter Volkie oorheersing met JJ du Plessis en Brandon Boshoff-Mostert wat agter die pale gaan kuier het.  Ethan Baird het een van die drieë verdoel om die eindtelling op 22-14 te staan te bring.

Die span sal op 13 Augustus op hul tuisveld in die kwarteindronde van die Virseker Beeldtrofee teen Hoërskool Rob Ferreira te staan kom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version