Local newsNews

Jong gimnas ryg medaljes in Amerika in

Delaine Willemse wys haar staal teen 5 000 gimnaste van oor die wêreld heen.

Delaine Willemse (11) van Heidelberg Gimnastiekklub het twee goue medaljes in die spronge afdeling (met ‘n punt van 9.625) asook ‘n algehele brons medalje by die Wêreld Gimnastiek Klubkampioenskappe in Florida, Amerika verower.

Delaine was een van 5 000 gimnaste wat aan die kompetisie van 26 Junie tot 3 Julie in Orlando deelgeneem het.

Deelnemers in verskillende afdelings en ouderdomsgroepe van lande soos Bermuda, Engeland, Mexico, Amerika en Suid-Afrika het aan die kampioenskappe deelgeneem.

Delaine sê dit was ‘n wonderlike ervaring en sy is oorgehaal om nog harder te oefen.

Haar grootste droom is om eendag aan ‘n Olimpiese Spele deel te neem.

 

Related Articles

Back to top button