Local newsNews

Nigel boorling finalis in Lady Gracious SA kompetisie

NIGEL - Nigel boorling Leonie Swart Cronje is ‘n finalis in vanjaar se Lady Gracious Sout Africa kompetisie.

Dié kompetisie word jaarliks aangebied en wenners word op 5 November tydens ‘n gala-aand aangewys.

Lady-Gracious SA (samelopend met die ‘Man of God South Africa’) kompetisie bied ‘n platform waar deelnemers gemotiveer word om hul identiteit in God te vind en hul innerlike skoonheid te bevorder. Die kompetisie bou selfvertroue en volgens Leonie, maak deelnemers deur liefdadigheidswerk ‘n gesamentlike verskil in verskeie gemeenskappe regoor die land.

Meisies en vroue tussen die ouderdom van 10 en 55 jaar kan vir die Lady-Gracious SA kompetisie inskryf, terwyl seuns en mans tussen dieselfde ouderdom ook vir die ‘Man of God SA’ kompetisie kan inskryf.

Hoewel daar wenners in die kompetisie aangewys word, sê Leonie dat deelnemers nie in kompetisie met mekaar is nie, maar eerder saamwerk om ‘n verskil te maak. “Ons ondersteun mekaar in gebed, liefde en daaglikse insperasie. Persoonlik dink ek nie daaraan as ‘n “kompetisie” nie, maar ‘n “journey,” het sy aan Heraut gesê.

Die bestuursraad van die kompetisie besluit jaarliks watter organisasie of persoon by die befondsingprojek sal baat. “Vanjaar het hulle op die Avril Elizabeth Tehuis vir verstandelik gestremde persone besluit,” het Leonie verduidelik.

Op die vraag hoe sy van die kompetisie te hore gekom het, sê Leonie dat haar pad met die kompetisie gekruis het toe ‘n vriendin in 2015 ‘n aantal rokke aan ‘n deelnemer geskenk het.

“Ek was nuuskierig oor wat die kompetisie behels en het sommer dadelik my kaartjie vir die gala geleentheid bespreek.”

Sy het die gala-aand bygewoon en dit het haar geinspireer om self vir vanjaar se kompetisie in te skryf.

Die 2016 finaliste is in Junie aangewys.

“Ek geniet elke oomblik van my deelname, elke funksie wat ek aanbied of bywoon is vir my spesiaal en ek gryp elke nuwe uitdaging met albei hande aan,” het sy gesê.

Van die uitdagings waarna sy verwys, sluit ondermeer #TooiInTurkooisVirBejaardes (bewusmakingsmaand vir bejaardes 15 Mei – 15 Junie), Autisme bewusmaking, Jeugdag en Mandela Dag in.  Elke deelnemer het die vryheid om kreatief te dink en moet ‘n motiveering saam met die kreatiewe gedagte op sy of haar Facebookblad deel.

Leonie wat deesdae in Springs woon, bied op 5 Augustus ‘n Cup-A-Grace #GiveHope by Fabu-Leux (die ou HTS Springs koshuis) aan. Gaste word versoek om nie-bederfbare produkte te bring, wat later aan die Avril Elizabeth Tehuis geskenk sal word.

Lady-Gracious SA/Man of God SA liefdadigheids modevertoning sal op 3 September te LALT in Boksburg aangebied, waar die finaliste amptelik aan die publiek bekendgestel word.

Leonie wil ook graag na afloop van die kompetisie steeds by die organisasie betrokke bly om ‘n verskil te maak waar sy kan.

Intussen hou sy haar ook besig met ‘n persoonlike projek Touched By Grace (Matric Farewell Project) waardeur behoeftige Gr 12-leerlinge gehelp word om hul matriekafskeiddrome te bewaarheid.

Leonie sien haarself in die toekoms as motiveringspreker waar sy vroue inspireer om hulself te herontdek, te aanvaar en nie hoop te verloor nie.

HOE OM VIR LEONIE TE STEM:

Die publiek kan vir Leonie stem in die Public Choice Award deur die woorde ‘Win Leonie’ na 47439 te sms. Elke sms kos R3 en stemme is onbeperk.

Volg haar ook op sosiale media .

Related Articles

Back to top button