Local newsNewsSponsored

Afrikaans verneder, maar daar is hoop

Die Universiteitsrade van Stellenbosch en Pretoria het Afrikaans verneder deur haar status as hoëvlak universiteitstaal af te gradeer.

Volgens Dr Danie Langner, besturende direkteur van die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK), het die Universiteitsraad van Pretoria “diskriminasie teen moedertaalsprekers gelegitimeer en geïnstitusionaliseer deur die aanvaarding van gelyke diskriminasie as regsbeginsel vir die nuwe taalbeleide. Dit is ’n dramatiese wegbeweeg van die huidige taalbeleid wat sê daar sal geen taaldiskriminasie teen Afrikaanse of Engelse studente of dosente wees nie. Grondwetlike taalbeskerming is nie die papier werd waarop dit staan nie.”
Volgens Dr Langner is die raadsbesluite die voltrekking van ’n proses waar die regering sedert 1994 doelbewus die beginsel van meertaligheid vernietig het deur eentaligheid en rasseverteenwoordiging op feitlik elke lewensterrein af te forseer. Die raadsbesluite is baie duidelik oor Engels, maar vaag oor Afrikaans.

“Die deur is gelukkig nog oop vir die aanbied van Afrikaanse klasse in teologie en onderwys en die uitbou van ’n sterk Afrikaanse departement. As die waarborge nie in ’n beleid neergeskryf word en die beleid toegepas word nie, is die skrif aan die muur vir Afrikaans as kerk- en skooltaal,” het hy gesê.

Volgens Dr Langner kan die feit ook nie wegredeneer word dat ’n groot aantal Afrikaanssprekende studente en dosente slegs Engels verkies nie.

“Engels het die afgelope paar jaar die de facto universiteitstaal geword. Dit was nie die EFF nie, maar Afrikaanse dosente wat vir totale verengelsing geveg het.”

Die FAK is steeds hoopvol oor die toekoms van Afrikaans as akademiese taal. Volgens Dr Langner gaan die FAK  sy volle gewig ingooi by die uitbouing van Akademia as volwaardige Afrikaanse gemeenskapsuniversiteit en sal spesifiek betrokke raak by die ontwikkeling van drie nuwe graadkursusse op die vakkundige gebied van Filosofie, Afrikaans en Geskiedenis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button