NewsSchools

Zoë Skool se leerders maak kennis met polisielede

Kinders kry kykie in polisielewe.

Leerders van die Zoë Vroeë Intervensie Kleuterskool en Remediërende Sentrum het ‘n besoek van Heidelberg se polisielede onder aanvoering van Kolonel Hennie Maass (stasiebevelvoerder) en Kaptein Thivhulawi Tshilate (skakelbeampte) gehad.

Die skool is nie-winsgewend en sien om na kinders met leerprobleme.

Samantha die apie (SANCA se gelukbringer) het ook ‘n verrassingsbesoek gebring. Die polisie het leerders oor veiligheid ingelig waarna hulle die kans gekry het om in die polisievoertuie te klim.

Die polisie het lekkergoedpakkies aan die leerders uitgedeel en die leerders het die polisie op hul beurt met ‘n koek verras wat spesiaal vir die SAPD gebak is.

As jy wil hê Heidelberg polisie moet jou skool, instansie of besigheid besoek, kan Kaptein Tshilate by 079 694 6801 geskakel word.

Sien hier al die foto’s van die dag:

 

As jy meer oor die Zoë Skool wil uitvind, skakel Mariechen Janse van Vuuren by 082 554 0746. Hulle is in Wesselstraat 4, Jordaanpark geleë.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button