EntertainmentLifestyleLocal newsNewsBreaking News

Kom deel in Jeugdag-pret saam Nigel SAVF – wen R1000

NIGEL - Nigel se tak van die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) nooi die publiek om eerskomende Donderdag op Jeugdag (16 Junie) aan hul ‘Wit Winter Wandel’ 4km pretloop deel te neem.

WAT DOEN JY OP JEUGDAG??

Nigel SAVF bied ‘n pretdag aan.

Die pretloop vind by John Vorster Stadion plaas en daar is ‘n spesiale versoek dat alle deelnemers iets WIT sal dra. Elke deelnemer wat die 4km wedloop voltooi, sal ‘n medalje ontvang en word automaties by die R1000 gelukstrekking ingesluit.

Inskrywings beloop R20 per persoon tesame met een blikkie nie-bederfbare kos, of slegs R30 per persoon. Toeskouers betaal slegs R5 per persoon en kinders onder ses jaar is gratis.

Registrasie vind tussen 08:00 en 09:00.

Die dag beloof groot pret en sluit ondermeer vermaak vir die jongspan in. Daar sal ook ‘n verskeidenheid kosstalletjies wees om die winter honger te verdryf.

Die pretdag sluit omstreeks 13:00 af met die gelukstrekking en weggee van ‘n Spar geskenkpak. Die wenner moet teenwoordig wees tydens die trekking.

Vir meer besonderhede, skakel Ina by 072 240 0078.

Related Articles

Back to top button