
Heidelberg Landdroshof het vanoggend ‘n bomdreigement ontvang. ‘n Man met ‘n Afrikaanse aksent het ‘n beampte van die hof om 09:45 geskakel en in Engels gesĂȘ dat daar ‘n bom is.
Heidelberg Polisie het alle strate om die hof afgesper en die geboue is ontruim.
Dele van Ueckermann- en Begemanstraat was vir verkeer en voetgangers gesluit.
Die Polisie se bomeenheid het omstreeks 11:40 die gebou verlaat en veilig verklaar.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





