Gemeenskapsveiligheid gewaarborg deur GPF dienslewering

NIGEL - Altesaam 51 voertuie, waaronder ook dié van Nigel GPF se patrollie voertuie, Nigel Metro Polisie en Nigel SAPD het die dorp se strate op 10 Junie in konvooi deurkruis.

 

LEES DIE VOLLEDIGE BERIG IN DIE VOLGENDE UITGAWE VAN HERAUT

Lede van die publiek was genooi om by dié konvooi wat om 19:00 vanaf The Angelo Mall vertrek het, aan te sluit as deel van Nigel GPF se bewusmakingsveldtog.  Die roete het ‘n besoek aan ondermeer Villa Liberi kinderhuis in Eeufeesstraat ingesluit, waartydens lekkergoedpakkies wat deur Golden Buffalo Spur geborg is, aan die kinders uitgedeel is.

Die aand se verrigtinge is met ‘n gelukstrekking afgesluit waartydens Shaun en Vanessa Bamford ‘n mikrogolfoond gewen het.

Die GPF is ‘n organisasie sonder winsoogmerk wat beteken aansluiting en lidmaatskap is gratis en dienslewering vrywillig. Inwoners wat by Nigel GPF wil aansluit, kan Natie Steenkamp by 082 424 6440 of Hendrik by 079 544 5485 skakel.

Hier is die eerste videogreep van die konvooi.

Lid van Nigel GPF Annatjie Claassens in aksie tydens ‘n spesiale konvooi wat op 10 Junie vanaf The Angelo Mall op ‘n roete deur die dorp vertrek het. Altesaam 51 voertuie het in die konvooi deur die dorp se strate gery as deel van die forum se bewusmakingsveldtog.
Die GPF konvooi het ondermeer ‘n besoek aan Villa Liberi kinderhuis in Eeufeesstraat ingesluit, waartydens lekkergoedpakkies aan die kinders uitgedeel is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version