Local newsNews

Volkie gee digbundel op Jeugdag uit.

16-Jarige se skryftalent ontgin.

Melissa Ludick, Graad 10-leerder van Hoër Volkskool se skryfvernuf is onlangs deur Veerpen Uitgewers raakgesien en ‘n boek met haar gedigte word op Jeugdag by Laerskool AG Visser bekendgestel.

Melissa is aangemoedig om ‘n Facebook bladsy ‘Verspeelde Lente’ te begin waar sy gereeld haar gedigte met die publiek deel.

Veerpen Uitgewers het dit raakgesien en haar na die Huis vir Afrikaanse Poësie in Pretoria genooi waar van haar gedigte op 6 Mei voorgelees is.

Veerpen Uitgewers gaan nou ‘n bundel getiteld Verspeelde Lente (met Melissa se gedigte) uitgee. Die bundel word Donderdag (16 Junie) op Jeugdag om 10:00 by Laerskool AG Visser bekendgestel.

Die sanger Mia Malherbe het Melissa ook genader om een van haar gedigte te toonset.

Toegang vir die boekbekendstelling is R20 per persoon. Die bundel sal teen R140 verkoop word. Vir meer besonderhede kan Melissa by 073 942 7878 geskakel word.

Related Articles

Back to top button