Local newsNewsSchools

Wen jou droom matriekafskeidrok

Meisies van Balfour, Nigel en Heidelberg kan 'n ontwerpersrok van R4 000 wen.

Is jy ‘n matriekmeisie wat van jou matriekafskeid droom, maar nie die fondse het om daardie “mooiste rok ooit” te kan koop nie? Nou is jou kans om in te skryf en ‘n rok ter waarde van R4 000 te wen.

Miranda Myburgh, Gauteng finalis van die Miss/Mrs Queen of South Africa modelkompetisie het dié kompetisie geloods. Die rok sal deur Karen Kruger van Karen Couturier in Pretoria gemaak word. Die meisie wat tweede kom se grimering sal deur Miranda aangewend word en die derdeprys wenner se hare sal stileer word.

Meisies wat belangstel sal moet opskud. Omdat die wenner se rok volgens haar mates en styl ontwerp en gemaak moet word, is die sluitingsdatum 22 Junie. Al wat jy moet doen om vir die prys in aanmerking te kom, is om ‘n foto, prent of skets van jou droomrok, jou naam en skool na 076 077 5440 te Whatsapp of SMS of stuur ‘n e-pos na mirandamyburgh3@gmail.com. Jy kan ook ‘n kort motivering gee oor waarom jy die rok wil wen.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button