Local newsNews

Netcare 911 lugambulans pik pasiënt op

Man ernstig in ongeluk in Balfour beseer.

‘n Man is gisteraand per lugambulans van Life Suikerbosrand Hospitaal na Johannesburg gevlieg nadat hy ernstige spinale beserings in ‘n ongeluk in Balfour opgedoen het.

2

 

 

Die man het vroeër die dag beheer oor sy voertuig verloor en moes uit die wrak bevry word.

 

Heidelbergers het om 17:00 gehoor hoe die helikopter van Netcare 911 op Hoër Volkskool se rugbyveld land. Dit het ongeveer ‘n uur geneem om die pasiënt te stabiliseer en per ambulans van die hospitaal na die helikopter te bring.

 

3

Related Articles

Back to top button