Local newsNewsBreaking News

Kriewelkousie Kleuterskool vier 27ste bestaansjaar

NIGEL - Die klanke van vrolike laggies en liedjies en ‘n paar vuil gesiggies op 1 Junie, het vertel van 'n partytjie wat gehou is - 'n partytjie om Kriewelkousie Kleuterskool se 27ste verjaardag te vier.

 

Dié skool het sy deure op 1 Junie 1989 onder eienaarskap van Joey Burger geopen. Binne weke het die kleutergetalle toegeneem en is daar begin om onderwysers en ander personeel aan te stel. Vandag spog die gewilde kleutersentrum met 80 kinders en nege personeellede, met Joey steeds aan die stuur van sake. Haar hooftaak is om die kleuters vanaf Graad RRR tot Graad R deur middel van ‘n skoolgereedheidsprogram voor te berei vir die eise wat die ‘groot skool’ aan hulle stel.

Joey se liefde vir die kleinspan is duidelik wanneer sy oor die geskiedenis van die skool gesels. Hoogtepunte was daar vir haar te veel om te noem, maar sy het sterk bande met die plaaslike gemeenskap en sê dat daar reeds van die tweede geslag kleuters by die skool ingeskryf is.

IMG_0259 (Custom) IMG_0251 (Custom) IMG_0254 (Custom) IMG_0256 (Custom)

Kriewelkousie Kleuterskool het op 1 Junie sy 27ste bestaansjaar gevier. Die kleinspan is met roomys en springmielies bederf en het heerlik partytjie gehou.

IMG_0276 (Custom) IMG_0260 (Custom) IMG_0262 (Custom) IMG_0267 (Custom) IMG_0272 (Custom)

 

Na die partytjie was dit storietyd  – ‘n prettige affêre by Kriewelkousie Kleuterskool, want sommige van die kleuters leef hulself behoorlik in die storiekarakters uit.

Related Articles

Back to top button