Verkeer ontwrig toe bakkie in vlamme uitbars

NIGEL - Verkeer op die R42 tussen Nigel en Springs is erg ontwrig, nadat ‘n bakkie aan die brand geslaan het.

Die voorval het omstreeks 11:40 naby die Coca Cola Shanduka verkeerskruising  plaasgevind.

Nigel Nooddienste was vinnig op die toneel om die vlamme te blus en geen persone is tydens die voorval beseer nie.

Volgens die bestuurder van die bakkie was hy van Springs na Duduza onderweg, toe hy ‘n harde slag hoor. Hy het skaars 10m verder gery toe hy vlamme aan die voorkant sien uitlek. Hy kon daarin slaag om van die pad af te trek en ‘n sleepwa met ‘n vol vrag, van die brandende voertuig af te haak.

Exit mobile version