Local newsNewsBreaking News

Twee groot sederts groet aptekerwese na 40 jaar

NIGEL - Na meer as vier dekades het die winde van verandering gewaai en wanneer die nuwe eienaars binnekort by Nigel Apteek oorneem, groet twee groot seders die aptekerswese.

 

LEES MEER HIEROOR IN DIE VOLGENDE UITGAWE VAN HERAUT

Sedert die besigheid aan die Arrie Nel Apteekgroep verkoop is, wink aftrede vir apteekvennote Chris Potgieter (67) en Sarel van der Walt (67), wie se bekende gesigte nog tot ongeveer September agter die resepteertoonbank gesien sal word.

“As apteker in ‘n klein dorpie word jy intiem deel van die gemeenskap. Dis ‘n familiesaak, want die derde tot vierde geslag mense is nou al jou klante. ‘n Mens onthou gewoonlik die eerste dag wat jy begin werk het, maar ook die laaste dag,” het hy gesê.

 

Sarel is deel van Nigel Apteek sedert hy hom in September 1981 in Nigel gevestig het. Hy spog met vier kleinkinders en sê hy sien daarna uit om meer tyd saam met sy vrou en kleinkinders te spandeer, maar ook meer aandag aan stokperdjies soos tuinwerk, raamwerk, lees en fotografie te gee.
Behalwe besigheidsvennote, is Chris en Sarel ook goeie vriende en ken mekaar sedert hul universiteitsdae by Potchefstroom in 1967.

“Ek wil my dankbaarheid teenoor Chris uitspreek. Oor die afgelope 49 jaar het ons vriendskap en vennootskap van krag tot krag gegroei. Ek kon nie vir ‘n beter besigheidsvennoot gevra het nie,” het Sarel gesê.

Chris het daarby aangesluit en hul vennootskap met ‘n huwelik vergelyk. “Daar is min vennootskappe wat so lank hou soos dié van ons, maar ons het dit maak werk uit wedersydse respek vir mekaar.”

Wat die verkoop van die apteek betref, wil Chris en Sarel klante verseker dat niks aan die apteek of sy bestaande personeel gaan verander nie.

Die nuwe eienaar neem op 1 Junie amptelik die leisels oor, maar weens kontrakverpligtinge sal Chris en Sarel vir ‘n verdere tydperk aanbly en moontlik in die nabye toekoms as locum uithelp.

 

Related Articles

Back to top button