Nigel se cross-fit spanne buig die ysters in Last Man Standing kompetisie

NIGEL - Verskeie spanne van Iron Box Social Fitness Club Nigel het op 21 en 22 Mei aan die Last Man Standing Teams kompetisie in Pretoria deelgeneem.

Maande se voorbereiding, uithouvermoë en bloedsweet het gesorg dat die tuisspanne uitstekend gevaar het tydens die kompetisie.

Iron Box Social Fitness Club se beginnerspan “Snatchomaniacs” het sewende uit 90 spanne in hul afdeling geëindig. Die span bestaan uit Warrior Rick (seremoniemeester), Wian Engelbrecht, Maryke du Toit, Angilique Potgieter en Jeandre Naude.

Hier is van die ander spanne se uitslae”


Iron Box Social Fitness Club se Intermediate span “ Iron Rebels”: Dawie Homan, Chris Olivier, Lynette van Schaik en Corlett du Preez. Hulle het 75ste uit 150 spanne in die Last Man Standing Teams kompetisie geëindig.

 

Iron Box Social Fitness Club se Elite span bestaan uit Jeandri Ligthelm, Bonneleigh Meijer, Jaco Ligthelm en Clint Jared Page. Hulle het 26ste in die Last Man Standing Elite Team afdeling geëindig.
Iron Box Social Fitness Club se Intermediate span “Iron Thrusters” bestaan uit Frikkie Jansen, Jenny Homan, Yvette du Toit en Jean Benadie. Hulle het die finale ronde van die Last Man Standing Team kompetisie gehaal en 11de uit 150 spanne geëindig.

 

Iron Box Social Fitness Club se beginnerspan “WODtastics” bestaan uit Etienne MacDonald, Jonty Shelton, Blanche Thomson en Tamike Gold.

 

Iron Box Social Fitness Club se beginnerspan “Legends of Awesomeness” bestaan uit Alwyn de Beer, Johan de beer, Nicolette de Beer en Thea Gold. Hulle het 80ste in die afdeling geëindig.
Iron Box Social Fitness Club se beginnerspan “Pistols & PVCs” het uitstekend gevaar en negende uit 90 spanne geëindig. Die span bestaan uit Carlo Rodrigues, Mariska Rodrigues, Ronel van Coller en Wesley Naude.

 


Iron Box Social Fitness Club se Intermediate span “Resistance” bestaan uit Eureka Taylor en Chantalle Venter. Dewan Smit en Casper Pretorius van Crossfit FSB is nie op die foto nie

Exit mobile version