Nigel se cross-fit spanne buig die ysters in Last Man Standing kompetisie
NIGEL - Verskeie spanne van Iron Box Social Fitness Club Nigel het op 21 en 22 Mei aan die Last Man Standing Teams kompetisie in Pretoria deelgeneem.
Maande se voorbereiding, uithouvermoë en bloedsweet het gesorg dat die tuisspanne uitstekend gevaar het tydens die kompetisie.
Iron Box Social Fitness Club se beginnerspan “Snatchomaniacs” het sewende uit 90 spanne in hul afdeling geëindig. Die span bestaan uit Warrior Rick (seremoniemeester), Wian Engelbrecht, Maryke du Toit, Angilique Potgieter en Jeandre Naude.
Hier is van die ander spanne se uitslae”
Iron Box Social Fitness Club se Intermediate span “ Iron Rebels”: Dawie Homan, Chris Olivier, Lynette van Schaik en Corlett du Preez. Hulle het 75ste uit 150 spanne in die Last Man Standing Teams kompetisie geëindig.
Iron Box Social Fitness Club se Intermediate span “Resistance” bestaan uit Eureka Taylor en Chantalle Venter. Dewan Smit en Casper Pretorius van Crossfit FSB is nie op die foto nie