Local newsLocal sportNewsSport

Heidelberg se cross fit-span derde in Last Man Standing

FitStrongBodies wys hul slag in uitmergelende kompetisie

Heidelberg se cross fit span, Team FitStrongBodies (FSB) onder leiding van Reinhardt en Nadia Basson het derde in die uitmergelende Last Man Standing fiksheidskompetisie die afgelope naweek in Pretoria geëindig. Dit is ‘n groot prestasie in ag genome dat 1 300 atlete aan die kompetisie deelgeneem het.

 

Ian en Bianca Bekker en Nico en Jolene de Klerk het in die beginnersafdeling deelgeneem.

 

Reinhardt en Nadia het die afgelope drie maande gesorg dat die viertal topfiks is en volgens Reinhardt het hulle geweet die span kan groot hoogtes bereik.

 

Ian was verlede jaar die wenner van die individuele intermediêre afdeling wat jaarliks in September gehou word. Dit was egter Bianca, Nico en Jolene se eerste Last Man Standing en al vier se eerste deelname in spanverband.

 

1

Related Articles

Back to top button