Local newsNews

Nigel SAVF maak ‘n warm verskil

NIGEL - Nigel se tak van die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) het op 19 Mei hul jaarlikse winterprojek afgeskop deur komberse onder haweloses en behoeftige gesinne in die gemeenskap uit te deel.

 

Altesaam 20 komberse (saam met ‘n bakkie sop en brood) is onder haweloses en behoeftige gesinne uitgedeel.

Deur Nigel SAVF se voedselskema word 40 gesinne maandeliks van kospakkies voorsien en daar word ook daagliks aan die hongernood van etlike behoeftiges omgesien. Aangesien dit ‘n nie-winsgewende organisasie is, steun hulle swaar op die publiek vir donasies en skenkings en word daar ook gereeld fondsinsamelingsprojekte gehou.

ENIGE PERSOON WAT BYSTAND WIL VERLEEN (hetsy deur skenkings of vrywilligheid), kan Ina by 072 240 0078 skakel.
IMG_0125 (Custom)
Altesaam 20 komberse tesame met ‘n bakkie sop en brood is deur lede van dié organisasie uitgedeel.

Related Articles

Back to top button