MunicipalNews

Proses om geografiese name in Heidelberg te verander, het begin

Belanghebbendes moet voor 10 Junie as komiteelid aansoek doen.

Die geografiese naamsveranderingsproses in die Lesedi munisipale gebied het begin. As jy jou sê oor die verandering van straatname, landelike gebiede, berge, riviere en dorpsname wil sê, moet jy jou CV voor 10 Junie indien om as komiteelid in aanmerking te kom.

Die pligte van die komitee sluit in konsultasie met verskillende gemeenskappe om te verseker dat die proses deursigtig is.

‘n Kort CV moet by Solly Sibaya by Lesedi se Gemeenskapsdienste voor of op 10 Junie ingedien word. Vir meer besonderhede kan Solly by 016 492 0045/082 376 9204 geskakel word.

Lees hier die volledige kennisgewing van Lesedi Plaaslike Munisipaliteit:

naamsverandering

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button