CrimeNews

Gewapendes roof huis in Rensburg

Eienaar en werkers vasgebind, getraumatiseer.

Twee huiswerkers in JG Strydomstraat, Rensburg is vanoggend om 08:00 deur drie gewapende rowers oorval. Die rowers het skynbaar by die tuinhekkie ingekom en die voordeur oopgeskop.

Die werkers is vasgebind. Toe die niksvermoedende eienaar ‘n rukkie later by die huis kom, is hy ook oorval en vasgebind. Die rowers is met kontant en selfone weg.

2

 

Die eienaar kon daarin slaag om hulp op die GPF burgerbandradio te ontbied. ‘n GPF-lid het hulle te hulp gesnel en losgesny.

Hulle is op die toneel deur lede van Heidelberg Volunteer Medics vir trauma behandel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button