Local newsNews

AfriForum gaan slaggate herstel

NIGEL- AfriForum op 11 Mei met sy nasionale veldtog vir die herstel van slaggate in die onderskeie provinsies in die land begin.

Tydens dié veldtog sal sowat 12 000 slaggate in die dorpe waar AfriForum-takke gevestig is teen ’n koste van R2 miljoen herstel word. Dit sluit slaggate soos dié by die parkeerarea by Nigel Binnelandse Sake in en ‘n totale oppervlak van 1200m² wat gevul moet word.

“Verskeie munisipaliteite is reeds skriftelik deur AfriForum gemaan om die paaie sélf te herstel. Munisipaliteite wat nie aan dié eise gehoor gee nie, sal vir die onkostes verantwoordelik gehou word,” het Marcus Pawson, AfriForum se hoof van plaaslike regerings, gesê.

’n Totaal van 125 AfriForum-takke neem aan die veldtog deel en sowat 300 ton teer sal tydens herstelwerk gebruik word. Die veldtog kom op 31 Mei tot ’n einde.
Voorsitter van Nigel AfriForum Neels Toerien het inwoners gevra om die slaggat-projek met donasies te ondersteun, aangesien daar nie genoegsame fondse is om die projek aan te pak nie. Die organisasie het ook arbeiders vir die projek nodig.
Vir navrae kan Neels Toerien by 072 361 8764 geskakel word.

Related Articles

Back to top button