CrimeLocal newsNewsBreaking News

32 Jaar agter tralies vir man wat wou moor

NIGEL - Nigel streekshoflanddros Mnr Juan Voogt het ‘n 32-jarige man op 11 Mei tot 32 jaar tronkstraf gevonnis.

 

LEES MEER IN DIE VOLGENDE UITGAWE VAN HERAUT…

Dit volg op ‘n voorval wat op 30 April 2015 by ‘n kleinhoewe op Hallgate plaasgevind het. Oupa Bob Dladla het op ‘n klag van gewapende roof en twee klagtes van poging tot moord tereggestaan, nadat hy ingebreek en op ‘n vrou en haar 16-jarige seun geskiet het.

Die verhoor het op 9 Mei begin en op 11 Mei is die vonnis voltrek. Op die klag van gewapende roof is Dladla skuldig bevind en tot 15 jaar tronkstraf gevonnis. Op die klag van poging tot moord op die eerste slagoffer is hy skuldig bevind en tot 10 jaar tronkstraf gevonnis en op die klag van poging tot moord op die 16-jarige seun is hy ook skuldig bevind en tot agt jaar tronkstraf gevonnis.

Die vonnisoplegging is nie-samelopend en gevolglik is Dladla tot altesaam 32 jaar tronkstraf gevonnis.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button