CrimeLocal newsNews

Inwoners moet hande vat om vlaag misdaad te bekamp, sê Nigel GPF

NIGEL - Gemeenskappolisiëring (GPF) is ‘n buurtwag organisasie wat ‘n onbaatsugtige diens teenoor gemeenskappe lewer. Die organisasie staan hoofsaaklik vir misdaadbekamping en beveiliging van gemeenskappe.

* Waarom behoort inwoners by Nigel GPF aan te sluit?

Die GPF tree op as die oë en die ore van die polisie en konsentreer veral op die maatskaplike faktore wat bydra tot misdaad. Lede van Nigel GPF het nie die magte wat volgens die Strafproseswet aan die Polisie toegeken is nie.

* Is daar enige aansluitingsfooie betaalbaar?

Nee, Nigel GPF is ‘n organisasies sonder winsoogmerk wat beteken aansluiting en lidmaatskap is gratis en dienslewering vrywillig. Die GPF radiobeheerstelsel is optioneel en tweerigtingradio’s is egter teen ‘n fooi aan lede beskikbaar. Meer besonderhede is by Nigel GPF beskikbaar.

* Wat is die magte van ‘n GPF-lid?

GPF-lede mag patrollies as afskrikmiddel vir misdaad gebruik. Hulle het ook ‘n verantwoordelikheid om, as hulle eerste by ‘n misdaadtoneel opdaag, die toneel onversteurd te bewaar, hoewel hulle in uitsonderlike omstandighede wel ‘n burgerlike arrestasie mag doen. Dit word beklemtoon dat dienslewering ten alle tye vrywillig is en dat GPF-lede goeie verhoudinges in die gemeenskap moet bevorder terwyl hulle aangemoedig word om misdaad onverwyld te rapporteer.

Die afgelope tyd het ‘n vlaag misdaad( meer spesifiek gewapende roof en inbrake) Nigel getref. Die meeste voorvalle het egter bedags voorgekom. Hoewel GPF voertuigpatrollies weens lede se werkverpligtinge bedags nie deurlopend kan plaasvind nie, word die veiligheid van inwoners hoog op die GPF se prioriteitslys gestel. Inwoners word versoek om by Nigel GPF aan te sluit en hande met Nigel SAPD te vat in die stryd teen misdaad.

NIGEL CPF (Custom)

Om aan te sluit, skakel 082 424 6440.

 

KEN JOU SEKTOR!

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button