CrimeLocal newsNewsBreaking News

Skoot klap tydens gewapende roof in spogbuurt

NIGEL - 'n Gewpende roof het hom pas by 'n huis in Sheffieldstraat (Ferryvale) afgespeel.

Lede van Nigel SAPD is nog op die toneel, maar volgens een van die huiswerkers het drie gewapende mans met ‘n motor (vermoedelik ‘n silwerkleurige MercedesIMG_9882 (Custom) Benz) by die oprit ingery en hulle met vuurwapens gedreig.

 

 

Die twee huishulpe en tuinier se hande is vasgebind en hulle is hardhandig beveel om op die vloer in een van die vertrekke te lê, terwyl die rowers verskeie elektroniese items uit die huis gesteel het. Die kluis is ook oopgemaak, maar dit is nog nie duidelik wat uit die kluis geneem is nie. Niemand anders was tuis nie.

“Die mans het ons geslaan en ons hande vasgebind. Hulle was kwaai en het gesê ons moet net stilbly en op die vloer lê,” het een huishulp, merkbaar ontsteld, aan HERAUT gesê.

'n Patroon is in in die oprit van die huis wat geroof is, gevind.
‘n Patroon is in in die oprit van die huis wat geroof is, gevind.

Daar is glo ‘n skoot afgevuur toe die rowers van die toneel gevlug het, maar dit in die duidelik wie die skoot afgevuur het en waarom nie.

Meer inligting sal later beskikbaar gestel word.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button