Local newsLocal sportNewsSportBreaking News

Heidelberg klub dra wedstryd op aan gestorwe lid

HEIDELBERG - Heidelberg Rugbyklub se eerstespan het hul wedstryd die afgelope naweek aan Jaco Putter, ‘n oud-speler wat op 25 April op 37-jarige ouderdom die stryd teen kanker verloor het, opgedra.

Die kragmeting het op 7 Mei by Delmas Rugbyklub se velde plaasgevind. Vanaf die eerste afskop was dit ‘n titaniese stryd tussen die twee spanne, maar Heidelberg kon nie daarin slaag om die oorhand te kry nie. Die wedstryd is met ‘n telling van 25-29 in Delmas se guns beslis.
Heidelberg se puntemakers was Cornelius Kok, Hendrik Morton en Hansie Steyn. Jason van Jaarsveld het drie drieë verdoel. Hendrik en Hansie is albei na afloop as spelers van die dag aangewys.

Die volgende wedstryd is teen Edenvale Panthers en vind op 14 Mei by die Suid-Afrikaanse Lëergimnasium se rugbyveld plaas.

Vir meer besonderhede, skakel Chantelle by 084 619 9527.

 

Jaco Putter, oud-lid van Heidelberg Rugbyklub het op 25 April die stryd teen kanker verloor
Jaco Putter, oud-lid van Heidelberg Rugbyklub het op 25 April die stryd teen kanker verloor

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button