Inwoners se wange bult oor onwettige skiet van duikers

NIGEL - Die Veediefstal-eenheid van Vereeniging SAPD ondersoek ’n saak van onwettige jag, nadat inwoners van die Hallgate kleinhoewes die oorskot van ‘n duiker by ‘n plaaswerker gevind het.

 

LEES VOLLEDIGE ARTIKEL IN DIE VOLGENDE UITGAWE VAN HERAUT

Die plaaswerker het nie self die duiker geskiet nie, maar het dit by ‘n vriend op ‘n naburige hoewe gekry toe hy daar gekuier het. Die dier is vermoedelik die oggend van 24 April is die bosgebied tussen Hallgate en Holgatfontein geskiet.
Volgens polisiewoordvoerder A/O Madeleine von Wielligh mag daar nie op bewoonde landelike gebiede gejag word nie en hoewel daar teenstrydige inligting is oor die stand van bedreiging van die verskillende soorte duikers in Suid-Afrika, mag hulle nie sonder ‘n permit geskiet word nie .

Ingevolge die Wildbewaringswet mag diere slegs gejag word op plase wat geregistreer is met ‘n sertifikaat van voldoende omheining volgens artikel 2(2)(a) van die Wet op Wilddiefstal, 1991 (Wet No. 105 of 1991).
Inwoners van die area by Hallgate en Holgatfontein is ontsteld oor die onverskilligheid en sê behalwe vir die skiet van duikers, kry hulle ook gereeld vangstrikke in die bos. Desmond Pienaar het aan HERAUT gesê dat hy sedert 1979 op ‘n kleinhoewe by Bultfontein woon en oor die jare het al die inwoners saamgestaan om diere soos duikers, jakkalse en hase in die omgewing te beskerm.

Chris Venables van Sektor 6 – Landelike Beveiliging het gesê daar moet ernstig teen die onwettige jag van diere in landelike gebiede opgetree word om die voortbestaan van die diere te verseker.

“As inwoners beskou ons die area as bewaringsomgewing waar die vier vorme van lewe beskerm word,” het hy gesê.

Geleerdes waarsku ook dat byna een uit elke vier van alle soogdiere op aarde reeds gevaar loop om uit te sterf.

 

Exit mobile version