CrimeLocal newsNewsBreaking News

Trokdrywer aangerand terwyl hy aflewering in dorpsgebied doen

NIGEL - Nigel SAPD ondersoek ‘n saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer en opsetlike saakbeskadiging, nadat ‘n trokdrywer aangeval is terwyl hy ‘n aflewering in die dorp gedoen het.

Die voorval het omstreeks 11:00 op 20 April by ‘n kafee oorkant Absa Bank in Tweedelaan plaasgevind.

Volgens polisiewoordvoerder A/O Madeleine von Wielligh het die trokdrywer in Tweedelaan stilgehou en uitgeklim om ‘n aflewering te doen.

By sy terugkeer het hy ‘n verdagte persoon in die vragmotor opgemerk en probeer om hom uit te pluk. Die verdagte het egter ‘n skerp voorwerp te voorskyn gebring en die trokdrywer herhaaldelik op sy hande en voorarms gesteek.

Die verdagte het te voet gevlug en Nigel SAPD is na die toneel ontbied. Die beseerde trokdrywer is per ambulans na Heidelberg Hospitaal geneem, waar sy wonde versorg is. Hy is enkele ure daarna ontslaan.

Related Articles

Back to top button