EMM reageer op sekere munisipale kwessies

NIGEL - Die afgelope paar maande het HERAUT krities oor verskeie munisipale kwessies berig. Wat het intussen gebeur en hoe het die munisipaliteit sy beloftes nagekom?

LET WEL – HIERDIE BERIG IS ‘N OPSOMMING VAN DIE VOLLER WEERGAWE WAT IN DIE VOLGENDE UITGAWE VERSKYN

Gebrekkige dienslewering asook die verval van publieke fasiliteite soos Nigel Stadsaal en gebrekkige geriewe by Nigel Biblioteek het veral in die spervuur beland. Inwoners se klagtes oor kwessies soos die haglike toestand van die kanaal, straatligte wat nie werk nie en slaggate in die paaie het ingestroom.

Daar moet egter ‘n lansie vir Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit (EMM) gebreek word, want sedertdien is van die kwessies aangespreek.

* Nigel Biblioteek
Nigel Biblioteek is weer 100% diensbaar gestel, nadat die sisteem sedert diefstal van die munisipaliteit se rekenaar hoofraamstelsel in November, van lyn af was.
* Nigel Stadsaal
Wat Nigel Stadsaal betref, blyk dit ook of goeie vordering gemaak word. “Die eerste prioriteit is om die stadsaal vir die publiek oop te stel, maar weens die diefstal van die rekenaar hoofraamstelsel en kabels in November, is die gebou steeds sonder elektrisiteit. Na verwagting sal die stadsaal eers teen Augustus 2017 vir publieke gebruik beskikbaar gestel word” het Wally verduidelik.
* die kanaal
EMM se pogings om die kanaal op te ruim deur van gras, gemors en onkruid ontslae te raak, was egter kortstondig. Kort na die val van die eerste somerreën, was die kanaal binne weke weer toegegroei. Wally sê egter die probleem lê by die betonblad, maar die kwessie rondom die kanaal geniet egter steeds aandag.
* Nigel Begraafplaas
Die paaie by Nigel Begraafplaas verg dringende aandag. Volgens Wally moet die paaie opgradeer word, maar daar moet ook na kwessies soos die publieke toiletgeriewe en kleedkamers vir personeel gekyk word. I

 


Die konstruksie by Nigel Biblioteek is byna voltooi. ‘n Nuwe sekuriteitsgebou word opgerig wat ‘n sekuriteitswag 24 uur, sewe dae van die week sal huisves.

 

 

Exit mobile version