Verwarring heers by plaaslike registrasielokale oor verkeerde adresse

NIGEL/HEIDELBERG - Met die 2016 munisipale verkiesing wat in Augustus vanjaar plaasvind, is kiesers die afgelope paar maande gereeld herinner om betyds te registreer en diegene wat reeds geregistreer is, is gevra om hul adres besonderhede op die registrasierol na te gaan en die korrektheid te bevestig.

 

Die afgelope naweek het talle kiesers hulself egter tot sosiale netwerk gewend en gekla dat hoewel hulle behoorlik geregistreer is, die adres besonderhede nie korrek op die registrasie dokumente aangebring was nie.

So het ‘n inwoner van Nigel op 10 April die volgende op sosiale media geskryf: “Sure, ek is geregistreer om te stem maar met ‘n vreemde adres? Ek is nie die enigste nie… Hier is mos nie iets pluis nie…”

‘n Ander inwonder het geskryf: “Ek is ook geregistreer, maar sonder n adres. Ons is dan in wyke opgedeel en elke wyk is area gebonde, hoe kon hulle my in n wyk plaas sonder n adres????”

“Ons bly 37 jaar by dieselfde adres en ek en my vrou is by verskillende adresse op die lys,” het ‘n ander gesê.

Registrasie is vind egter nog deurlopend by die plaaslike kantore van die OVK plaas. Kiesers kan Maandae tot Vrydae tydens kantoorure by die kantore van die OVK aandoen, totdat die kieserslys vir die 2016 munisipale verkiesings sluit (op die dag waarop die verkiesing aangekondig word).

Inwoners word gemaan om hul besonderhede na te gaan en te verseker dat die korrekte adres op die registrasie-dokument aangebring is.

Ons hoor graag van ons lesers – het julle ook probleme ondervind?

Stuur vir ons jul kommentaar hieronder.

Exit mobile version