Local newsNews

SA Staalbedryf steier onder burokratiese rompslomp

NIGEL - Volgens die vakbond Solidariteit, wag katastrofiese gevolge op die land in die geheel indien daar nie dringend na die staalbedryf in Suid-Afrika omgesien word nie.

 

Dit volg nadat die International Trade Administration Commission (Itac) onlangs bekend gemaak het dat daar beoog word om eers teen Junie vanjaar ’n besluit te neem of daar aggressief opgetree sal word om die staalsektor in Suid-Afrika te beskerm.
Highveld Steel het onlangs sy deure permanent gesluit en bykans 2 200 werknemers sonder afleggingspakkette huis toe gestuur.

LEES VOLLEDIGE ARTIKEL IN DIE VOLGENDE UITGAWE VAN HERAUT

’n Taakspan wat bestaan uit lede van Solidariteit, Numsa en die staalbedryf maak nou planne om ’n noodvergadering met Ebrahim Patel (minister van ekonomiese ontwikkeling), Dr Rob Davies (minister van handel en nywerheid) en Pravin Gordan (minister van finansies) te hou om die noodsaaklikheid van beskerming onder hul aandag te bring.

Die verknorsing in die staalbedryf het ‘n wye rimpeleffek en op plaaslike bodem lyk sake net so beroerd. Skrootwerfhandelaars sorteer hoofsaaklik metaalrommel vir die uitvoermark. Volgens James Moodie, eienaar van Nigel Scrap Metal, is metaal skrootwerwe die laaste skakel in die voedelketting en hoewel dit nog nie nodig was vir afleggings by sy onderneming nie, moes hy onlangs twee takke elders sluit.

“Die regering voer staal goedkoop vanuit China in en daarbenewens word staal nie meer uitgevoer nie. Die bedryf is op sy knieë en mikro-ondernemings soos ons word hard getref,” het hy verduidelik.

Waar Nigel Scrap Metal vroeër jare hemelhoog gepak was met vragte afvalstaal, is daar deesdae weinig daarvan te sien. Weens die tekort aan staal, word die grond op die perseel selfs nou ‘ontgin’ om sodoende stukke afvalstaal wat oor die jare daarin beland het, bymekaar te maak.
James bly egter positief oor die toekoms van staal en sê hy glo die regering sal ingryp om die staalbedryf van ondergang te red.

 

Related Articles

Back to top button