EMM antwoord oor Nigel Biblioteek se leë rakke

NIGEL - Sedert ‘n inbraak by Nigel Stadsaal in November waartydens Nigel Munisipaliteit se rekenaar hoofraam gesteel is, heers daar chaos in verskeie departemente van die munisipaliteit.

 

Nigel Biblioteek is een van die departemente wat weens die diefstal lamgelê is. Duisende boeke lê in ‘n stoorkamer opgestapel en kan weens die afwesigheid van ‘n hoofraam nie weer op die stelsel se databasis vasgelê word nie. Gevolglik word besoekers met leë rakke begroet. Inwoners is ontevrede oor die gebrekkige diens deur Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit (EMM).
Anna Botha is sedert 1985 ‘n lid van Nigel Biblioteek is sê dat sy al vir vyf maande geen nuwe leesstof onder oë kry nie, want die boeke word nie op die rakke uitgepak nie. “Dié wat nou op die rakke is, het ek reeds almal gelees,” het sy gekla.

Anna Botha is al vanaf 1985 lid van Nigel Biblioteek, maar sukkel sedert November om nuwe boeke uit te neem. Weens diefstal van die munisipaliteit se hoofraam verlede jaar, is die rakke leeg en beland duisende boeke in ‘n stoorkamer, aangesien dit by terugbesorging nie weer op die stelsel vasgelê kan word nie.

Die probleem is nie die uitneem of terugbesorging van boeke nie, maar sodra uitgeleende boeke terugbesorg word, beland dit in die stoorkamer tussen duisende ander. Omrede die stelsel van lyn af is, kan die boeke nie weer op die databasis vasgevang en terug op die rakke geplaas word nie.
Behalwe vir die probleem met die boeke, is daar geen internetdiens of enige beskikbare rekenaars vir publieke gebruik nie. Skolliere byvoorbeeld kan geen navorsing vir take of huiswerk doen nie en die diens by Nigel Biblioteek is beperk tot die uitleen van ‘n beperkte hoeveelheid boeke.
HERAUT het die munisipale woordvoerder van EMM vir kommentaar genader, maar nog geen antwoorde ontvang nie.


Duisende boeke lê in die stoorkamer by Nigel Biblioteek opgestapel. Dit is boeke wat sedert November deur die publiek terugbesorg is, maar nie weer op die stelsel vasgelê kan word nie, weens diefstal van die munisipaliteit se hoofraam verlede jaar.

 

Die media woordvoerder van EMM (Zweli Dlamini) het op 30 Maart as volg op HERAUT se navraag geantwoord:

 

“The connectivity issue is being addressed by our ICT Department and an interim solution is being put in place, we are replacing equipment and that will be finalised by mid April to resolve all the connectivity issues. We are in a further process to install Wi-Fi and replace all our existing public access computers. The Library staff are putting measures in place to ensure that all books are available for circulation and shortly, the library will receive all the new books that were recently purchased. Our sincere apologies for the inconvenience caused.”

 

Exit mobile version