Local newsNewsUpdate

Vermoorde egpaar se dogter beskryf ouers se mooi karakter

Die Pienaar-egpaar wat op 19 Maart onder tragiese omstandighede gesterf het, se jongste dogter Jacquelene Botha het in ‘n epos aan HERAUT oor haar ouers gepraat.

Sy het ondermeer gesê dat haar ouers het ‘n privaat lewe gelei het en dat hulle trotse mense was.

Sy het hulle verder as goeie mense met wonderlike harte beskryf en gesê hulle was opregte christene.

“Dit is ironies dat die moordenaars enkele dae voor paasnaweek verby Nigel se ysterkruis met sy sterk simboliek gery het,” het Jacquelene in ‘n epos aan HERAUT gesê.

Sy het ook benadruk dat hul ouers nooit ‘n hond besit het nie en dat dit teenstrydig is met berigte wat in ander koerante en sosiale media verskyn het.

“My mooie mamma was ‘n vreeslike statige vrou, erg netjies haar huis was haar trots en eer geen hond of haar sou jy by haar kon huis vind nie. Ons het dit herhaaldelik bevestig. My pa het uiters baie karakter gewys. Hy was waarlik hoof van sy gesin. Hy het nooit NOOIT kwaad geword nie hy sou nooit iets lelik van mense sê nie. Hy het altyd gesê as jy kwaad word, dan het jy reeds die situasie en stryd verloor. Hy was sag met ons kinders en die bietjie wat hulle gehad het, het hulle met hul kinders gedeel,” het Jacquelene gesê.

Die familie het dit benadruk dat hul ouers onthou moet word soos almal hulle geken het – fantasiese steunpilare wat enige iets vir hulle kinders sou doen.

“Hulle was uiters lojaal en ons as gesin sal vir altyd lojaal teenoor mekaar wees. Met liefde sal ons hul lewens eer en voortgaan om te leef soos hulle ons geleer het – God is eerste, eer jou huwelik en wees daar vir mekaar ALTYD.”

Voor hul aftrede was Allan Pienaar Ontvanger van Inkomste by SARS Nigel en sy vrou Chrissie ‘n finansiele bestuurder vir Lightning Structures. Hulle was goed bevriend met ‘n oud-onderwyser van Hoërskool John Vorster en geliefd onder vriende en familie. Die egpaar het drie kinders en vyf kleindogters gehad.

Hulle sou ook later vandeesweek op ‘n oorsese reis vertrek het vir ‘n besoek aan hul dogter in Engeland. Hul afsterwe is ‘n groot verlies vir die die hele familie.

Die begrafnisdiens vind om 11:00 op Dinsdag 29 Maart by die NG Kerk Nigel-Oos plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button