Bergsig sonder krag weens kabeldiefstal

Krag behoort later vandag weer aan te kom.

Bergsig inwoners is reeds van 03:30 vanoggend sonder elektrisiteit nadat diewe ‘n kragkabel naby Heidelberg Mall probeer steel het.

Die diewe was besig om die kabel te brand (sodat hulle dit kon steel) toe hulle deur sekuriteitsbeamptes van Crime Stop gesteur is. Hulle het gevlug, maar die kabel was reeds beskadig.

 

 

Lesedi Plaaslike Munisipaliteit is tans besig om ‘n nuwe 25m lange kabel te installeer en hoop dat die kragtoevoer teen laat vanmiddag herstel sal wees. Inwoners word gevra om geduldig te wees.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version