Huisroof helder oordag in Laversburg

NIGEL - 'n Huisroof het homself omstreeks 11:15 in Maraisstraat afgespeel.

Volgens polisiewoordvoerder A/O Madeleine von Wielligh, het vier mans aan die deur geklop en die huishulp ingelig dat hulle daar is om afmetings binne die huis te doen.

Sy het egter toegang geweier, waarop hulle vir haar die eienaar se selfoonnommer gevra en ‘n vals oproep gemaak het. Nadat dit geblyk het dat die rowers met die eienaar in verbinding is, het die huishulp die deur oopgesluit en hulle is na die onderste vertrekke van die huis, waar hulle haar skielik oorval en vasgebind het.

Terwyl ‘n kombers oor die huishulp gegooi is, het die mans verskeie items waaronder vier televisiestelle, ‘n skootrekenaar, naaldwerkmasjien en duisende rande se juwele geroof.

Hulle het glo in ‘n klein, wit bakkie weggejaag. Niemand anders is tydens die roof beseer nie.

‘n Saak van huisroof word ondersoek.

Exit mobile version