Die deelnemende skole was Laerskool Tini Vorster, Laerskool Hannes Visagie, Laerskool Pam Brink, Laerskool Selection Park en Laerskool AG Visser, met spelers in die ouderdomsgroepe van o/7, o/8 en o/11.
Vaardigheid en tegniek is hoog op die agenda tydens Valkie-toernooie, waar ‘n wen of verloor minder belangrik is as die kweek van liefde vir die sport. Gevolglik het die o/7-spanne“tag” rugby en die O/8-spanne duik-rugby gespeel. By die o/8s is die lynstane en skrums onbetwis om die gevoel aan te leer, sonder om beseer te word.
Die groot aksie het egter by die o/11-wedstryde plaasgevind. Laerskool AG Visser se o/11-span het Laerskool Hannes Visagie in die eerste been van die toernooi geklop, maar in die finale wedstryd het Laerskool Hannes Visagie se o/11s koning gekraai toe hulle Laerskool Tini Vorster gewen het. ‘n Fotogalery is beskikbaar by www.heidelbergnigelheraut.co.za.